Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 25 SEPTEMBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ........................................... (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van ‘n stil sleutel

Dit is met leedwese dat aangekondig moet word dat die sleutel van Alf Joubert, ZS6ABA, voorheen ‘n lid van die SARL en die Pretoria Amateurradioklub, op Maandag 12 September 2016 stil geword het.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou Alta, familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag,

DIE LENTE QRP KOMPETISIE AANSTAANDE SATERDAG

MEER NUUS OOR YOTA DESEMBER 2016

en

'N REKORD BREKER OP 630 METER

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Op Saterdag 1 Oktober kan jy deelneem aan die Lente QRP Kompetisie. Die kompetisie is op die lug vanaf 12:00 tot 15:00 UTC met gelykgolf en foon aktiwiteit op 160 tot 10 meter met 5 watt of minder. Gedeurende die eerste uur mag stasies slegs op 40 meter werk, daarna kan hulle die ander HF kompetisie bande gebruik.

Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en jou ruit verwysing. Elke QSO tel een punt, maar gaan asseblief die reëls in die 2016 Blouboek na vir die vermenigvuldigers. Stuur jou log en opsommingsblad teen middernag op 9 Oktober aan contest@sarl.org.za. Onthou die foto van jou stasie in aksie wat saam met jou logstaat in gestuur moet word.

** In verlede week se bulletin is daar melding gemaak van die IARU Streek 1 se jaarlikse Jeug Op Die Lug aktiwiteit en hierdie week gee ons meer inligting vanuit 'n SARL perspektief.
Vanaf Donderdag 1 Desember tot Saterdag 31 Desember 2016 word die die jaarlikse Jeug Op Die Lug (YOTA) aktiwieteit aangebied en sal YOTA stasies vele kontakte wêreldwyd met mekaar maak, dus 'n goue geleentheid om jong amateurs in hul tienerjare en vroëe 20s met hul eweknieë op die lug te kry.

Onthou asseblief dat dit nie 'n formele kompetisie is nie, maar 'n manier om die jeug op die lug te kry en om hulle te laat besef dat daar honderde ander jongmense regoor die wêreld is wat net soos hulle oor die stokperdjie dink en voel. Dus is die hoofdoel om jongmense op die lug te kry en om kontak met jongmense oor die hele wêreld te maak. Dit is 'n gulde geleentheid vir klubs om 'n demonstrasie te doen by 'n plaaslike skool of kerk of om saam met amateur vriende bymekaar te kom by hul plaaslike klub en om hierdie groot stokperdjie van ons aan ons Suid-Afrikaanse jeug te demonstreer.

Die Liga beplan om weer as 'n IARU lidland te registreer vir deelname en die ZS9YOTA roepsein te geregistreer as 'n opvoedkundige roepsein vir gebruik deur klubs en individue gedurende Desember maand. Meer besonderhede rondom besprekings vir die gebruik van die spesiale roepsein en die aktiwiteit wat vir Desember maand beplan word sal gedurende November maand aangekondig word. Stuur gerus jou navrae aan Koos, ZR6KF, by koosfick096@gmail.com of alternatief aan Nico, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za. Hulle sal jou voorsien van meer inligting en beantwoord enige vrae wat jy moontlik mag hê het.

** Op Donderdag 15 September 2016, het die eerste twee rigting kontak op 630 meter tussen Kanada en Australië plaasgevind oor n afstand van ongeveer 11 265 km. Steve McDonald, VE7SL, in Brits-Columbië en Roger Crofts, VK4YB, in Queensland, het ‘n kontak op 474 kHz tussen 12:25 en 13:19 UTC voltooi met behulp van die JT9 digitale modus. Lees meer oor die kontak in HF Happenings 722, beskikbaar op die Liga se webtuiste.

** Wat is verkeerd met die Onkonvensionele gevoerde dipool of te wel die Off-Centre-Fed-dipole? Hoekom die 16,2 m draad antenna? Hoekom vyftig ohm? Dit is drie vrae gevra en beantwoord in die Oktober 2016-uitgawe van Radio ZS. Die Sandringham Padvindergroep vertel ons meer oor hul Velddag naweek. Wat het ander klubs gedoen vir die Velddag naweek? Stuur jou artikel, in Engels of Afrikaans, aan radiozs@sarl.org.za teen Dinsdag 27 September.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang vanaf die volgende persone - Andrew Coetzee, ZS5CEY, G F Rautenbach, ZR6GR, en Ernest Thabiso, ZSL1170.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie aansoeke moet die Liga sekretaris bereik voor of op Woensdag 28 September 2016, stuur die besware per e-pos aan secretary@sarl.org.za. Die Liga het nou 1 445 lede en 41 geaffilieerde klubs.

** As jy belangstel in die uitvoering van eksperimente op Mikrogolwe in die SHF en EHF spectrum, dan kan jy dit op 'n lae koste doen. Galliumarsenied Gunn diode ossillators dek 10 tot 200 GHz, terwyl die Gallium nitried Gunn ossillators so hoog as 3 Terahertz bedryf kan word. Jy kan 'n Gunnplexer bou wat bestaan uit 'n kombinasie van 'n Gunn diode mikrogolf ossillator, 'n mikrogolf diode menger, 'n klankversterker met mikrofoon en 'n wyeband FM ontvanger. Met 'n klein skottel kan jy een of ander verre FM kontakte op 10 GHz (3 cm) van 'n hoë punt via lyn-van-sig (LOS) of via Tropo voortplanting maak. As jy vir EME seine wil luister op 10 GHz, probeer ‘n DSTV skottel met LNB en monitor die IF frekwensie.

** Op Donderdag 6 Oktober, kan jy deelneem aan die SARL 80 m QSO-geselligheid van 17:00 tot 20:30 UTC. Op Saterdag 8 en Sondag 9 Oktober bied die Antieke Draadloosvereniging hul Buis QSO-geselligheid aan. Meer besonderhede in SARL-nuus volgende Sondag.

** Voorlopige uitslae van die SARL Nasionale Velddag. Die Kompetisie Komitee het sestien logstate ontvang vir die Liga se Nasionale Velddag gehou op 10 en 11 September 2016.

Klas A - veldstasie, multi-operateur
1ste Higway ARK, ZS5HAM, 144 360 punte
2de Welkom ARK, ZS4WRC, 115 236 punte
3de Wesrand ARK, ZS6WR, 104 004 punte

Klas D - veldstasie, enkele operateur, Gelykgolf
1ste Johannes van Zijl, ZS4DZ, 67 878 punte
2e Pieter Jacobs, V51PJ, 30 132 punte

Klas F - Algemene stasies
1ste Oosrand ARK, ZS6ERB, 34 020 punte
2de Barry Nugent, ZS2NF, 2 736 punte
3de Roy Walsh, ZS3RW, 1 452 punte

Die voorlopige gekombineerde uitslae vir die Februarie en September bene van die Velddag is soos volg.

Klas A - veldstasie, multi-operateur
1ste Highway ARK, ZS5HAM, 256 080 punte
2de Wesrand ARK, ZS6WR, 240 084 punte
3de Welkom ARK, ZS4WRC, 197 436 punte

Klas C - veldstasie, enkele operateur
1ste Mitchel Mynhardt, ZS6YH, 57 120 punte

Klas D - veldstasie, enkele operateur, Gelykgolf
1ste Johannes van Zijl, ZS4DZ, 122 472 punte
2de Pieter Jacobs, V51PJ, 30 132 punte

Klas F - Algemene stasies
1ste Oosrand ARK, ZS6ERB, 46 284 punte
2de Barry Nugent, ZS2NF, 2 736 punte
3de Roy Walsh, ZS3RW, 2 132 punte

Al die uitslae is beskikbaar in HF Happenings 722, wat op die Liga se webtuiste onder “Publications” gevind kan word.

** Die Oosrand Amateurradioklub hou hul volgende Vlooimark op Saterdag 1 Oktober en dit begin om 12:00 SAT. Die Vlooimark word gehou by die Klubhuis in Ebenezerstraat, Benoni. Die GPS koördinate is -26,172 / 28,283. Kontak Johan Steenkamp by zs6erb@gmail.com vir meer inligting.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 22 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

Vandag tot middernag UTC – die CQ WW RTD Kompetisie
1 Oktober - die Oos-Rand ARC vlooimark en die Lente QRP Kompetiese
6 Oktober - die SARL 80 m QSO-geselligheid
8 en 9 Oktober - die AWA Valve QSO-geselligheid
9 Oktober - SARL Jeug Net
20 Oktober - RAE-eksamen
21-23 Oktober - Jamboree op die lug
22 Oktober - CQ Hou Koers

Om hierdie bulletin mee af te sluit, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Op Saterdag 1 Oktober kan jy deelneem aan die Lente QRP Kompetisie. Die kompetisie is op die lug vanaf 12:00 tot 15:00 UTC met gelykgolf en foon aktiwiteit op 160 tot 10 meter met 5 watt of minder. Gedeurende die eerste uur mag stasies slegs op 40 meter werk, daarna kan hulle die ander HF kompetisie bande gebruik.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 760 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003